kraaibek

kraai hard en kekkel lekker

Vandag se Fokus

Maak Toe  -  X

R 0

Skep Optrede

Maak Toe  -  X

Kaartjies

Maak Toe  -  X

Skep Kunstenaar

Maak Toe  -  X

Top Treffers (Spotify)

Maak Toe  -  X

Skep Kuierplek

Maak Toe  -  X

strhtrsrh

Fotos

Spyskaart

Spesiaal

Kaart

R 0

Maak Toe  -  X

R 0

Betaling Details

Maak Toe  -  X

Kraaibek aanvaar geen verantwoordelikheid indien rekening besonderhede verkeerd is nie. Verifeer asb die rekening details.

Winkel Mandjie

Maak Toe  -  X

R 0

Skep Winkelrak

Maak Toe  -  X

Spesiaal

Winkel Items

Maak Toe  -  X

Skep Advertensie

Maak Toe  -  X

Oor Kraaibek

Kraaibek is uiteindelik hier! 'n Platform vir Afrikaanse musiekliefhebbers, kunstenaars en kuierplekke. Dit bring almal bymekaar – van optredes en konsertkaartjies tot die nuutste nuus oor Afrikaanse musiek en gemeenskapsgebeure.

Ons bied ‘n plek vir kunstenaars om hulself te bemark, kuierplekke om optredes te adverteer, en gebruikers om musiek te ontdek en kaartjies to koop. Verder het ons ‘n aanlyn winkel met eksklusiewe produkte wat Afrikaans en die Afrikaanse musiekbedryf ondersteun.

Ons Visie

Kraaibek is meer as net 'n webwerf – dit is 'n beweging om Afrikaanse musiek, kultuur en kuierplekke te bevorder. Ons glo in die krag van musiek om mense te verbind en ‘n sterker gemeenskap te bou.

Wat Ons Wil Bereik

Ons streef daarna om ‘n platform te skep waar kunstenaars, musiekliefhebbers, en kuierplekke mekaar kan vind. Hier kry Afrikaanse musiek die erkenning wat dit verdien, en bied ons ‘n ruimte vir vermaak, samekoms en groei.

Gereelde Opdaterings

Kraaibek is ‘n lewendige projek wat aanhou groei! Ons bring gereeld nuwe funksies, verbeter webwerf-funksionaliteit en hou jou op hoogte met die jongste nuus en geleenthede.

Afrikaanse Musiek en Gemeenskap

Van plaaslike optredes tot groot konserte – ons is hier om Afrikaanse musiek te vier en te ondersteun. Ons gee kunstenaars ‘n platform om hul musiek te deel, en help kuierplekke om meer besoekers te lok.

Sluit Aan By Ons

Wil jy deel wees van die beweging? Sluit aan by Kraaibek, ondersteun ons kunstenaars, besoek jou gunsteling kuierplekke en help ons om Afrikaanse musiek na nuwe hoogtes te neem!

Stuur vir ons ‘n E-pos

Het jy enige vrae, voorstelle of navrae? Ons hoor graag van jou! Stuur vir ons ‘n e-pos by:

info@kraaibek.co.za

Stuur vir ons ‘n Boodskap

Gebruik die onderstaande vorm om ons direk te kontak. Ons sal so gou moontlik terugkom na jou!

Gereelde Vrae

Hier is ’n paar vinnige antwoorde op algemene vrae. As jy nogsteeds onseker is, stuur gerus vir ons ’n boodskap hierbo.

Hoe werk kaartjies op Kraaibek?
Jy koop kaartjies deur Kraaibek, maar die geleentheid self word deur die betrokke kuierplek of organiseerder aangebied. Jou kaartjie en verwysing verskyn op jou profiel onder Aankope.

Wat is Kraaibek-krediet?
Krediet is die saldo wat jy op jou profiel laai en dan kan gebruik vir aankope soos kaartjies of ander dienste op die platform. Waar van toepassing, word gratis/promosie-krediet eerste gebruik.

Kan ek my krediet terugkry as ’n optrede gekanselleer word?
Terugbetalings en reëlings met kansellasies word hoofsaaklik deur die organiseerder hanteer. Ons help waar moontlik om oplossings te vind en sal kommunikeer via jou profiel of e-pos indien daar veranderinge is.

Wat as my promosiekode nie werk nie?
Maak seker die kode is korrek ingevul en nie reeds gebruik of verval het nie. As die probleem voortgaan, stuur vir ons ’n skermskoot of beskrywing via die kontakvorm op hierdie bladsy.

Ek sien ’n fout in ’n optrede of kuierplek se besonderhede.
Laat weet ons asseblief deur die kontakvorm, of meld dit in die boodskap saam met die naam van die plasing.

Teken in

Registreer


Wagwoord vergeet?

Teken Uit

Verander Details

Maak Toe  -  X

Subskripsie

Maak Toe  -  X

R

Bespreek 'n Kunstenaar

Maak Toe  -  X

Terme en Voorwaardes

Deur Kraaibek te gebruik, stem jy in tot die volgende terme. Hierdie platform is tans in ’n toetsfase en funksionaliteit of bepalings kan verander sonder vooraf kennisgewing.

1. Platformrol
Kraaibek dien as ’n digitale platform wat kunstenaars, kuierplekke, winkels en gebruikers aan mekaar verbind. Tensy anders vermeld, tree Kraaibek nie as organiseerder van optredes of as verkoper van items op nie.

2. Rekeninge
Jy is verantwoordelik vir die veiligheid van jou rekening en wagwoord. Maak seker jou besonderhede is korrek vir kaartjie-aankope, krediettransaksies of besprekings.

3. Krediet en Promosies
Krediet kan op die platform gebruik word vir kaartjies, aankope en promosies. Gratis of promosie-krediet kan nie kontant uitbetaal word nie en word eerste gebruik tydens transaksies.

4. Kansellasies & Terugbetalings
Wanneer jy ’n kaartjie koop, is die ooreenkoms tussen jou en die betrokke kuierplek of organiseerder. Kraaibek kan help fasiliteer waar moontlik, maar is nie verantwoordelik vir veranderings, kansellasies of terugbetalings nie.

5. Aanspreeklikheid
Kraaibek kan nie waarborg dat alle inligting 100% akkuraat of voltooi is nie. Die platform aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies of skade wat voortspruit uit die gebruik van die diens of optredes wat deur derde partye aangebied word nie.

6. Privaatheid
Jou data word gebruik om jou profiel, aankope en besprekings te bestuur.